Articles
Sport & School News
18 August 2017

Vrystaat Cheetahs vs Griekwas

Vrystaat Cheetahs vs Griekwas
Die manne van Kimberley lewer een van die grootste verrassings in vanjaar se Curriebeker reeks op en klop die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein met 30-25 ou grote! De Wet Kruger, plaasvervanger flank van die Griekwas, het ‘n stukkie geskiedenis gemaak deur om slegs na ‘n minuut of wat oor te val vir ‘n drie na ‘n rolmaalbeweging. Dan het hierdie mannetjie ook die wendrie laat in die tweede helfte aangeteken vir die Griekwas. ‘n Dag wat hy lank sal onthou! 
Die Cheetahs speel volgende teen die Bulle op Loftus met die Griekwas wat in Kimberley teen die Pumas gaan uitdraf.

WP vs Blou Bulle

WP vs Blou Bulle
Op Nuweland vryf die WP die Bulle se neuse in die gras en wen 45-34. Die jaar 2017 is seker ‘n jaar wat Blou Bul ondersteuners wens het nooit bestaan het nie! Vir die WP het die jongeling Damian Willemse, wat verlede jaar nog op die skoolbanke was, geskitter op losskakel ou grote. Hierdie mannetjie is propvol ruggas en gaan gewis nog vir die Bokke uitdraf. 
Die Bulle speel volgende teen die Cheetahs op Loftus terwyl die WP teen die leeus op Nuweland uitdraf.

Goue Leeus vs Haaie

Goue Leeus vs Haaie
In Jo’burg moet die Leeus toesien hoe die Haaie ‘n ongelooflike comeback maak van 24-5 agter en te wen met 43-31. Die rooikaart wat die Leeu haker in die 51ste minuut ontvang het nadat hy ‘n speler teen die kop geskop het, het ook nie juis die Leeus gehelp nie ou grote. 
Die Haaie verdien ‘n loslootjie volgende met die Leeus wat teen die WP op Nuweland gaan uitdraf.

Nag ou grote...

Rugby Kampioenskapsreeks 2017
Australië vs Nieu-Seeland:19 Aug, Melbourne, 12h00
Suid-Afrika vs Argentinië: 19 Aug, Port Elizabeth, 17h05

Nag ou groene!

Share this article with a friend...