Articles
Headline News
04 August 2017

Rustenburg/ Thabazimbi – Willie Jacobs van WJ Boerdery te Rustenburg het ons naam hoog gehou die afgelope naweek by die 2017 Thabazimbi Landbou- en Nywerheidgenootskap Skou van 27-29 Julie.

Die Thabazimbi skou is tans die enigste volwaardige Landbou en Nywerheidskou in Limpopo en een van min wat nog oor is in die land. As beesskou is hulle een van die grootstes in die land. Slegs die Brahmane se nasionale kampioenskappe het meer Brahmane as Thabazimbi.

‘n Trotse Willie Jacobs (WJ Boerdery, Rustenburg) aan regterkant en sy hanteerder Jomo Modisane. In díe foto staan Jacobs met sy Thabazimbi Interras Opperste Kampioen 2017, Brahmaan koei – wat ook aangewys is as Interras Senior en Groot Kampioen (kategorie vroulik). Foto: Charl du Plessis (snap2art@gmail.com)

Beesvertoners van sover as Lesotho, Villiers, Lichtenburg, Bloemfontein en Louis Trichardt het vanjaar by die skou kom vertoon. Verskeie beeste en bokke is vanjaar aan selfs internasionale kopers op die skou verkoop.

Share this article with a friend...