Articles
Sport & School News
07 July 2017

Rustenburg – Alle Gr R-7 leerlinge word uitgenooi na die opwindende kinderweek te Laerskool Rustenburg, vanaf 10 tot 14 Julie om 07h00-13h00 daagliks. Hierdie jaar word daar gefokus op die vrugte van die Gees. Die hoofkarakter se naam is Red, beter bekend aan die publiek as die Angry Bird.

Hierdie tema word versterk deur die spreker, Wynand Coertzen van Transforming Children, verskeie tonele en poppekaste.

Selfs die sportsaktiwiteite wat deur Living Ball aangebied word gaan in elke kind die keuse wakker maak om geluk en vrede by Christus te vind. Kinders kan ook uitsien na kunsaktiwiteite en spankompetisies.

Inskrywingsvorms is reeds beskikbaar by www.visionofhopefoundation.com maar sal ook in die oggend by aankoms beskikbaar wees.

Die week word gratis aangebied en sluit drie etes in. Vir enige verdere navrae kontak gerus Ds. Zelda Massyn by 072-354 7396 of 014-594 1029 of per e-pos by zeldamassyn@thevohf.com.

Share this article with a friend...