Articles
Headline News
30 June 2017

Rustenburg – ‘n Man (51) en sy kind is Saterdagaand, 24 Junie 2017, omstreeks 21h15 oorval op ‘n kleinhoewe in die Waterkloofarea in Rustenburg, volgens Kaptein Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder.

Hulle het by hul oprit ingery en was net besig om uit die voertuig te klim toe ‘n man op hul skree en ‘n vuurwapen op hulle rig. Die 51-jarige man is aangesê om die huis oop te sluit. In die huis se gang het die betreder die man aangeval en ter selfverdediging het ‘n vuisgeveg ontstaan. In die proses het twee addisionele aanvallers ook hul opwagting gemaak.

Een van die mans het die 51-jarige man in die maag geskiet met ‘n haelgeweer. Hy het ook ernstige wonde opgedoen in sy linkerarm en regter enkel. Sy huis is omgekeer en al wat gesteel is, is ‘n enkele selfoon en sy selfoon laaier (charger). Die groep het toe te voet gevlug.

Die slagoffer is na die hospitaal gehaas en teen druktyd is daar verneem dat hy aansterk en in ‘n stabiele toestand verkeer.  ‘n Saak van huisroof word tans deur die Polisie ondersoek. 

Share this article with a friend...