Articles
Headline News
22 June 2017

Rustenburg – ‘n Ma en haar twee kinders is Woensdag, 21 Junie 2017, helder oordag in hul huis in Protea Park, aangeval vir die tweede maal hierdie maand.

Een van Mev Kruger se wonde.
Een van Mev Kruger se wonde.

Die aanvaller was met ‘n mes gewapen en het aangedring op die bakkie wat in die oprit gestaan het se sleutels. Mev Kruger (die ma), kon die sleutels nie aan hom gee nie aangesien haar man, wat met ‘n saamrygeleentheid werk toe is, per abuis die sleutels in sy sak gehad het.

Die aanvaller het aanvanklik die mes teen Mev Kruger se 18-jarige dogter se keel gehou, maar hom toe na Mev Kruger gewend en haar begin slaan. Toe sy reeds op die vloer lê het hy haar geskop in die ribbes en teen haar kop.

n Meswond in die arm van n 18-jarige dogter.
‘n Meswond in die arm van ‘n 18-jarige dogter.

Die dogter het ingegryp en die aanvalle op haar ma probeer stop, net om toe self herhaaldelik met die mes gesteek te word. Dit is toe dat mevrou Kruger se 17-jarige seun, wat in die badkamer was, die rumoer gehoor het en hulle te hulp gesnel het.

Hy het van agter af die aanvaller weggeruk van sy sussie af. Dit het in ‘n worsteling ontstaan. Die jong seun het self ‘n paar snye van die mes ontvang. Toe die aanvaller sien dat hy nie die oorhand kan kry nie, het hy gevlug.

Die 18-jarige dogter in n poel bloed weens steekwonde.
Die 18-jarige dogter in ‘n poel bloed weens steekwonde.

Hulle het al drie mediese behandeling by Medicross ontvang en is in ‘n toestand van skok.

In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant, sê Mev Kruger, “Ons bly in ‘n mooi area en dis rustig hier. Jy verwag nie dat dit met jou gaan gebeur nie.”

Share this article with a friend...