Articles
Sport & School News
16 June 2017

Rustenburg – Impala Rugby klub het verlede Saterdag, 10 Junie 2017,  vir Centurion met 23-22 geklop. Die wedstryd is op die laaste nippertjie gewen toe Berto van Wyk die wenskop oorsit. Dumisani Matyeshana het 2 drieë gedruk en is as man of the match aangewys.

Die tweede span, die Vikings, het 25-7 gewen. Hulle is steeds in die liga en het sover 5 uit 5 wedstryde gewen. Dié span lê tans bo aan die punteleer.

Die eerste span is tans derde op die punteleer en speel vir die volgende 2 of 3 weke al hulle wedstryde weg. Die eerste van hierdie weg-wedstryde is teen die Dragons van Pretoria Noord, wat op 15 Junie plaasvind.

“Enige iemand wat by die Rustenburg Impala klub wil aansluit, is meer as welkom om hoofafrigter, Nico Le Roux, te kontak by 073-177 8299. Oefentye is Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18h00-19h30. Enigeen is ook meer as welkom om die manne tydens oefening te kom ondersteun. Kom loer gerus!” sê Naas Olivier, Newrak Impala Rugby klub besigheidsbestuurder.

Share this article with a friend...