Articles
Headline News
16 June 2017

Rustenburg – ‘n Rustenburg familie se huis het Sondagaand, 11 Junie 2017 afgebrand totdat net die leë dop oor is.

Hendrik du Plessis het saam met sy 1-jarige dogtertjie, 4-jarige seuntjie en vriendin Karen Barnard by Kockstraat 30A gebly toe die brand uitbreek waarin hulle al hulle besittings verloor het.

Die verwoestende brand het die hele huis in puin gelÍ.
Die verwoestende brand het die hele huis in puin gelê.

Die gesin se huishulp het ook tesame met haar 2 kinders in die buitekamer gebly, maar die kamer het gelukkig nie gebrand nie. Die 3 honde en 2 katte kon genadiglik ook gered word.

Die brandweer beweer dat daar ‘n kortsluiting in die sitkamer was, waarskynlik veroorsaak deur die muurproppe of bedrading. “Ons het net dadelik almal uit die huis uit gevlug en toe al ons diere ook gekry. Ons weet nog nie wat beloop die skade nie,” sê Du Plessis. Die gesin het nie versekering gehad nie.

Die gesin het dadelik die polisie gebel, maar het nie die brandweer se nommer gehad nie. Die bure en ander mense wie kom help het, het egter die brandweer gebel, maar hulle het eers dertig minute later opgedaag.

“Dit was glad nie ‘n lekker ervaring nie. Ons was baie bang. Ons is net dankbaar dat almal veilig is en niemand beseer was nie. Dit is tog al wat saak maak. Ons wil graag baie dankie sê vir almal wat die aand daar was en ons ondersteun het, en ook aan al die mense wat ons nou bystaan en help; baie dankie,” sê Du Plessis.

Gesin se huis brand tot n leŽ dop.
Gesin se huis brand tot n leë dop.

Die gemeenskap het op die StaanSaam Rustenburg Facebook blad saamgetrek en gevra vir donasies vir hierdie gesin in hulle uur van nood. Hulle het alles nodig om ‘n nuwe huis te begin, van toiletpapier tot meubels, komberse, klere, kos, hondekos, alles.

Vir meer inligting kontak Naomi Pasino by 076 374 1129.

Share this article with a friend...