Articles
Sport & School News
19 May 2017

Blues vs Cheetahs

Die Vrystaters het nog nooit van toer gehou nie en dit kon duidelik gesien word in hulle game teen die Blues in Auckland. Ongelukkig het hierdie houding en ook hul halfhartige verdediging weereens die Blues in staat gestel om 50-32 te wen.

Die Vrystaters is reeds een van die spanne op die swartlys ou grote. Waar is die passie en kameraderie? Die Cheetahs se nagmerrie duur voort en hulle moet volgende teen die Hurricanes in Wellington uitdraf. Die Blues reis Kaapstad toe om teen die Stormers op Nuweland te speel.

Brumbies vs Leeus

In Canberra slaag die Jo’burgers daarin om die Brumbies 13-6 te klop en sodoende hul toer doer-onder onoorwonne af te sluit ou grote. Kwagga Smith, gewese Blitsbok, het ‘n puik drie gedruk en getoon dat hy een van die vinnigste losvoorspelers in die superreeks is. Die Leeus speel volgende op Ellispark in die groot Jukskei derby teen die Bulle. Die Brum-bies reis PE toe om teen die Kings uit te draf.

Crusaders vs Hurricanes

Die armdruk tussen die twee grotes in vanjaar se reeks is toe deur die Saders 20-12 in Christchurch gewen ou grote. Die Saders het voorlangs soveel druk op die Canes geplaas en sodoende die angel getrek uit die giftige Canes agterlyn. Die Saders is nou nog steeds onoorwonne na elf games. Die Canes speel volgende teen die Cheetahs in Wellington met die Saders wat in Suva, Fidji teen die Chiefs gaan uitdraf.

Rebels vs Reds

Die Reds slaag daarin om die Rebels in Melbourne 29-24 te klop en ook ‘n bonuspunt te verdien. 
Die Reds het volgende ‘n loslootjie met die Re-bels wat in ‘n Aussie derby teen die Waratahs in Sydney gaan uitdraf.

Bulle vs Highlanders

Op Fort Loftus voor ‘n handjievol toeskouers en in nat toestande verloor die Bulle weer 17-10 teen die Highlanders. Die enigste troos wat uit hierdie verloor geneem kan word is die feit dat die Bulle beter gespeel het ou grote. Daar is egter tonne werk wat voorlê om hierdie eens magtige span weer saam met die groot honde te laat blaf. Die Bulle speel volgende teen die Leeus in Jo’burg en dit kan dalk in ‘n straatgeveg ontaard. Die Highlanders draf in Perth uit teen die Force.

Kings vs Haaie

En die dag van opskuddings was hierdie keer in die Baai ou grote. In ‘n verwoede geveg slaag die Kings daarin om vir die eerste keer ‘n SA span te klop en die Haaie moes dit ontgeld. Die manne van die Baai wen  welver-diend 35-32. Die Haaie het gedink hierdie game gaan ‘n walk-over wees en het hulle kanse erg geknou om die uitspeel rondes te haal. Die Haaie reis na Singapoer om teen die Sunwolves te gaan speel en die Kings draf tuis teen die Brumbies uit.

Jaguares vs Force

Die Jaguares verloor verrassend 16-6 teen die Force in Buenos Aires. Die Force is ook een van die spanne op die swartlys. Die Jaguares het volgende ‘n loslootjie met die Force wat in Perth teen die Highlanders moet opdaag.

Nag ou grote…


BLITSBOKKE BO!

Die Blitsbokke is die nuwe Sewes Wêreld Kampioene ou groenie! Coach Neil Powell se span wen die Franse titel en verower daarmee die gesogte Beker vir 2016/17.
Powell het ook sy naam in die geskiedenisboeke laat aanteken. Hy is die eerste in die geskiedenis van Sewes Ruggas wat as spe-ler aan die toernooi deelgeneem het en het dan ook ‘n coach geword wat die titel  wen. Hy was in 2008/09 lid van die span wat die Titel toe verower het.

Well done Blitse!

Share this article with a friend...