Articles
Crime & Accidents News
21 April 2017

Rustenburg – Anka Vorster, 23 jaar, is tragies oorlede in ‘n motorongeluk op Woensdagaand, 12 April 2017.  Anka was ‘n bekende gesig en was werksaam by die Aasvoëlkrans, net buite Rustenburg. 
‘n Familievriend van Anka sê dat haar motor onklaar geraak het op die R24, op die draai oppad na Rustenburg by die Boons/Derby afrit net buite Olifantsnek.

Volgens Kaptein Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder, het ‘n huurmotor volgens berigte van agter teen Anka se motor gebots, ‘n Volkswagen Beetle. Sy het op die toneel nog gelewe, maar is met haar aankoms by die hospitaal oorlede.

Wyle Anka Vorster

Ons betuig ons innige meegevoel aan die vriende en familie van Anka. Sy is beskryf as ‘n lieflike mens met ‘n warm hart.

‘n Roudiens word op Maandag, 24 April, vir Anka gehou. Vir meer informasie, skakel haar moeder, Marina Vorster by 060 846 3007 of 079 821 0983.

Share this article with a friend...