Articles
Social & Community News
20 December 2019

Rustenburg – Die jaar snel nou vinnig tot ‘n einde! Die Vonkel Orkes sal vanjaar weer afsluit met ‘n bobaas Oujaarsdans op Dinsdag 31 Desember. 


Dit vind plaas vanuit die WA van Zyl saal te Kremetartlaan, Rustenburg, en die verrigtinge begin reeds om 18:00.


Kom geniet die orkes onder leiding van Eddie Roets en kom draai en swaai tot in die nuwe jaar. Bring jou eie eet- en drinkgoed. Braaivleisvure sal beskikbaar wees. Gratis koffie en tee sal aangebied word vir almal wat hulle eie beker saambring. 


Pryse sal, soos altyd, gewen word en daar is ook die Oujaarsdans wisseltrofee op die spel. Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies word verkoop en is steeds beskikbaar teen R100 per volwassene en R40 vir hoërskoolleerders, laerskoolleerders en jonger is gratis. 


Vir meer informasie, skakel Ansie van Deventer op 072 286 8636 of Eddie Roets op 072 171 0600. Dis ‘n boerejol, dis ‘n sokkiejol, dis ‘n ruk-en-rol, dis op die bôl! Hul sien julle graag daar!

Share this article with a friend...