Articles
Sport & School News
20 September 2019

En so verskuif miljoene rugga ondersteuners se fokus na die Ooste vir die afskop Vrydag in Japan van die 2019 Wêreldbeker toernooi. Die tyd vir mooipraat is verby, honderde ure se voorbereiding en opoffering deur afrigters en spelers is wat nou tel. 


Helde gaan gebore word en legendes gaan sneuwel – afrigters maak stemme dik en spelers maak reg vir hulle swanesang. Tyd vir verskonings is nou verby en die job moet loop ou groene. Wêreld ranglyste en vorige oorwinnings  is nou ou nuus. 


Gunstelinge sal daar altyd wees, maar hierdie jaar is daar nie ‘n span wat nié hierdie titel wil dra nie. Die werklikheid is egter dat die All Blacks tog maar die span is om te klop, maar ja ou groenie, die Bokke het ook ‘n goeie kans – so ook Engeland en Ierland. Australië is deur al die jare ‘n span wat ‘n gevaar inhou.

Frankryk het ook al telkemale in die verlede die kaarte lekker deurmekaar gekrap. Wallis is ook ‘n sterk buite perd. Argentinië kan ook hier en daar vir ‘n verrassing sorg... en so kan ons bespiegel tot die bier klaar is en die kole koud is. 


Japan en Rusland open die toernooi Vrydag in Tjofoe om 12:45 in groep A. Geskiedenis aan die hoogste orde – dit is nie die begin van die derde wêreld oorlog nie. 


Saterdag 21 September draf Suid-Afrika teen Nieu-Seeland in groep B om 11:45 in Jokohama uit. Hierdie game se uitslag sal vir hierdie twee spanne duidelik baie van waarde wees vir die kwart-finale van wie speel wie. 

 

  • Saterdag 09:15 Frankryk teen Argentinië - groep C 
  • Sondag 12:15 Engeland teen Tonga - groep C
  • Saterdag 06:45 Australië teen Fidji - groep D

Nag ou groenie...

Share this article with a friend...