Articles
Social & Community News
16 August 2019

Rustenburg –Trauma Rescue het op Donderdag 8 Augustus by Laerskool Proteapark gaan kuier.
Die leerders het tydens die geleentheid geleer oor hoe ‘n noodspan werk en wat om te doen tydens ‘n noodgeval.


Elke leerder het ook ‘n waterbottel ontvang met Trauma Rescue se kontak nommer op sodat die nommer naby is in geval van nood.


In ‘n onderhoud met Platinum Weekly het operasionele bestuurder Jacques Ainslie gesê: “Dit is belangrik dat ons geleenthede soos die gebruik om kinders te leer wat om te doen tydens ‘n noodgeval.”

Personeel van Trauma Rescue wys die leerders wat om te doen in ‘n nood situasie.

 

Share this article with a friend...