Articles
Sport & School News
16 August 2019

Australië vs Nieu-Seeland
Die Wallabies sorg vir ‘n lekker opskudding en klop die All Blacks 47-26 en verras vriend en vyand. Kom ons wees nou eerlik – daar was nie een Aussie supporter op die planeet wat hierdie telling sou kon voorspel nie! 


So terloops ou groene, die All Blacks se Scott Barret is in die 39ste minuut van die veld gestuur met ‘n rooi kaart. Cowboys don’t cry in front of their kangaroos, mate!


Die twee spanne speel weer eerskomende Saterdag in Nieu-Seeland om te bepaal wie die wenner van die Bledisloe Cup is, wat omtrent nou al vir die laaste tien jaar deur die Kiwis gewen word.
Steve Hansen en kie het dit baie nederig laat val dat die Silver Varings op hulle beste sal wees vir  die Wêreldbeker toernooi oor vier weke.


Argentinië vs Suid-Afrika
In Salta verwoes die Bokke die Pumas en wen 46-13 met die Bok losskakel Handré Pollard wat 31 van die punte aanteken, en twee puik drieë insluit. Die Bok-pak was net één te veel vir die Argentyne wat die toets sleg verloor teen die Bokke.


Die Bokke speel eerskomende Saterdag weer teen die Pumas in Pretoria. Daar sal ‘n paar spelers nog op die proef gestel word deur Rassie. ‘n Groot verrassing is die insluiting van die WP haker Scarra Ntubeni. Dan het die groot skokgolf deur die land getrek met die bedanking van die Bokke se hulpafrigter Swys de Bruin wat uit alle ruggas tree met onmiddellike effek.


** En so terloops oubaas, Engeland het die Ses Nasie Champs, Wallis, ‘n lekker pakslae 33-19 die afgelope naweek gegee… Eddie het anner planne…


Nag ou groene…

Share this article with a friend...