Articles
Sport & School News
16 August 2019

WP vs Pumas
Op Nuweland hardloop die Kapenaars die manne van Limpopo stukkend en wen verspotmaklik 45-14. WP beklee steeds die vierde plek om dalk in ‘n semi te kan uitdraf.

WP draf Vrydagaand hul veters vas in Kimberley in ‘n baie beslissende game ou grote. Die Pumas speel gasheer vir die Cheetahs in Nelspruit.


Haaie vs Cheetahs
In die Haaitenk spring die bal reg vir die Durbaniete en vleuel Kobus van Wyk druk die wendrie in die 78ste minuut. Die Haaie is tans vyfde op die punte tabel en ‘n oorwinning oor die Lions in hulle volgende game is nie onderhandelbaar nie. Die Cheetahs reis volgende Nelspruit toe om teen die Pumas uit te draf.


Leeus vs Bulle
In een van die merkwaardigste games in Curriebeker ruggas is die afgelope naweek in Johannesburg gespeel ou grote. Vir sowat sestig minute speel die Bulle met 14 spelers en toe word twee geel kaarte uitgedeel – met 13 outjies oppie veld.

Die Bulle byt vas en wen hierdie riller 31-26 game met die jong Manie Libbok op losskakel... pure bok... wat 21 punte aanteken. Die kopdokter in Danville het so droog die opmerking gemaak dat die keurders nou maklik kan span kies. Duidelik is 13 die gelukkige nommer want met 15 sukkel die Bulle om hulle somme te maak! 


Die Bulle het volgende ‘n loslootjie met die Leeus wat op Ellispark teen die Haaie gaan meeding.


Nag ou grote…

Share this article with a friend...