Articles
Sport & School News
09 August 2019

Rustenburg – Ons is baie trots op Newrak Impala se eerstespan wat die afgelope naweek, 3 Augustus, Centurion aan hulle ore opgehang het.  


Die eerste span wen 38-19 in ‘n wedstryd wat deur Naas Olivier, Newrak Impala klub bestuurder, as indrukwekkend beskryf is. “Dit was ‘n mooi wedstryd en ek is trots op die manne.” 


Drieë is gedruk deur André Grobler, Tiaan Bornman, Jaco Botha, Berto van Wyk en Maverick van der Merwe. Berto van Wyk het beïndruk deur 13 punte met sy tokse aan te teken, en totaal ‘n van 18 vir die wedstryd. Welgedaan! 


Die tweede span wen met 31-26 maar die derde span verloor met 40-12.

 
Ons sien uit na die volgende wedstryd wat op Saterdag 17 Augustus op tuisvelde gespeel word teen ons buurmanne, Northam. Dit gaan ‘n grote wees! 

Share this article with a friend...