Articles
Sport & School News
09 August 2019

Vrystaat Cheetahs vs Goue Leeus
In die Rosestad word die tuisspan ontnugter deur ‘n bloedjong Leeutrop – met sommiges wat seepkoekies moet eet om saam die groot honne been te lig ou grote. Die rustyd telling was 19-7 in die guns van die Blikore. Dit wou voorkom dat die Johannesburgers ‘n lang  tweede helfte sou beleef. 


Die Leeus het puik spel opgelewer in die tweede helfte, en die monsterskrum in die 78ste minuut het hul ‘n wen strafskop besorg. 


Die nuwe nommer tien in Leeu ruggas, Shaun Reynolds, swig nie onder druk nie en jaag die bal suiwer tussen die pale deur vir ‘n oorwinning van 24-22. Die Leeus speel volgende teen die Bulle in Johannesburg terwyl die Cheetahs Durban toe moet reis om teen die Haaie uit te draf.


Phakisa Pumas vs Cell C Sharks
Die Pumas klop welverdiend die Haaie in die Mbombela Stadion 27-20 en bly in die wedloop vir die kwart finale. Die Haaie sal dalk met die Bulle moet meeding vir die gesogte houtlepel.


Die Haaie speel Saterdag teen die Cheetahs in Durban en die Pumas pak die WP in Kaapstad.


Blou Bulle vs Tafel Lager Griekwas
Oorle wyle oom brigadier Buurman draai in sy graf om, ou grote, met die swak spel van sy geliefde madeliefies. Pateties is eintlik die regte woord. Voor ‘n rekord skare van ongeveer 500 mense gee die Diamantboere die Bulle die rugga les van die jaar en wen 37-15. 


Hoe wonderlik sal dit nie vir rugby wees as die Griekwa manne dalk die trofee kan lig vanjaar nie? Die Bulle reis Johannesburg toe om teen die onoorwonne Leeus op Ellispark te gaan uitdraf met die Griekwas wat ‘n loslootjie beleef.


Nag ou grote…

Share this article with a friend...