Articles
Social & Community News
12 July 2019

Rustenburg – Boere Droogtehulp SA is ‘n organisasie wat hulself toewy daaraan om boere regoor Suid-Afrika wat geaffekteer word deur die droogte te help met voer, kos en enige ander boerderybehoeftes.


Die diere kry bitterswaar en boere het dringend mielies nodig om hul voeding aan te vul omdat hul vee baie swak is.


Mahindra Rustenburg wat deel vorm van die Platina Motor Group het die pleit gehoor en dadelik ingegryp om die boere by te staan deur 25 sakke mielies en 25 sakke molasse meel te skenk. Die skenking is aan Boere droogtehulp SA oorhandig op Dinsdag 9 Julie.


In ‘n onderhoud met Platinum Weekly het diensbestuurder van Platina Motor Group Stian von Wielligh gesê: “Boere speel so groot rol in ons land en ons kon nie net terugstaan en kyk hoe hulle lei onder die droogte nie, daarom het ons besluit om te help.”


“Ons is baie dankbaar vir die donasie, dit is wonderlik dat Mahindra Rustenburg bereid was om ons boere by te staan in die moeilike tye. Elke donasie maak werklik so groot verskil in ‘n boer se lewe,” het stigter van Boere Droogtehulp SA Chris van Beljon gesê.


Stigters Chris en JJ du Preez wil graag ‘n beroep op die gemeenskap doen om hulle te ondersteun met die projek. Om een vrag voer by ‘n boer te kry, beloop tussen R14,000 en R20,000. Trokke en brandstof om die voer by hul bestemming af te lewer bly steeds hul grootste uitdaging. 


Hulle het ook ‘n seksie 18A sertifikaat sodat hul ‘n kwitansie kan voorsien vir skenkers se belastingdoeleindes. Vir meer inligting, skakel Chris van Beljon op 082 961 6620 of JJ du Preez op 082 567 0363.

Van links: verkoopsbestuurder van Platina Motor Group Johan Coetzee, diensbestuurder van Platina Motor Group Stian von Wielligh en stigter van Boere droogtehulp SA Chris van Beljon.

 

Share this article with a friend...