Articles
Sport & School News
21 June 2019

Highlanders vs Waratahs
Die Highlanders was duidelik lus vir ruggas en honger om in die kwart-finaal te kan uitdraf. Hulle klop die Tahs met 49-12 in Invercargill. 


Hulle vreugde was egter van korte duur, want hulle moet nou teen die Crusaders in Christchurch gaan uitdraf en dit sal beslis nie ‘n maklike dag op kantoor wees nie... Hierdie NZ derby word Vrydag 9:35 beslis.


Rebels vs Chiefs
In Melbourne speel die Chiefs kookwater rugby en hardloop die Rebelle disnis en wen 59-8. Die Chiefs het die seisoen op ‘n laagtepunt begin en verloor hulle eerste vier games, maar toe besluit die manne van Waikato dis nou tyd! 


Hulle het nou kwalifiseer om teen die Jaguares  in die kwart-finaal uit te draf en moet Buenos Aires toe reis vir hierdie belangrike game.


Jaguares vs Sunwolwes
Die Sunwolwes se tjank word vir die heel laaste keer afgetrap in Buenos Aires deur die Jaguares wat hierdie game verspot maklik met 52-10 wen. Die Japanners gaan nie weer volgende jaar in die Super Reeks speel nie...


Die Jaguares het ‘n droomseisoen beleef en eindig algeheel tweede ná die Crusaders. Hulle verdien die tuis kwart-finaal want hulle het konstant puik ruggas opgedis ou grote. Die Jaguares draf volgende teen die Chiefs in Buenos Aires uit op Saterdag oggend om 00:05.


Hurricanes vs Blues
In Wellington hardloop die Blues uit asem uit in die tweede helfte met die Canes wat vasbyt om 29-24 te wen.


Met hierdie oorwinning kwalifiseer die Canes vir die kwart-finale en sal Saterdag om 9:25 teen die Bulle in Wellington uitdraf. Hopelik sal 2020 ‘n beter jaar vir die Blues wees! 


Brumbies vs Reds
Die Brumbies klop die Reds 40-29 en is ook dan nou die enigste Aussie span wat deurdring na die kwart-finale in 2019. Die Brumbies sal Saterdag 12:05 teen die Haaie in Canberra te staan kom. 


Stormers vs Haaie
Op Nuweland spat die vonke en duisende Kapenaars is skielik vreeslik dors want die Haaie se Lukhanyo Am druk die wendrie in die 82ste minuut van hierdie riller ou grote! Maar ‘n mens moet tog toegee dat dié tipe ruggas wat gespeel is, nie wat wonderlik sou wees in Rassie se boeke nie. 


Die Durbaniete skraap deur om met 12-9 te wen en kwalifiseer dan om in ‘n kwart-finaal te kan speel. Hulle moet Canberra toe reis om teen die Brumbies vinne te sleep. 


Bulle vs Leeus
In Pretoria op Fort Loftus speel Handré Pollard sy laaste game vir die Bulle – en vir ‘n beter afskeid-geskenk kon hy en die toeskouers nie vra nie.


Die Bulle was warm pappa – en het die Leeus ‘n reuse pakslae gegee om sodoende deur te dring na ‘n kwart-finaal waar hulle met die Hurricanes gaan kragte meet in Wellington. Dit gaan ‘n moeilike een wees, met die ver pad en so aan... maar hier kom dalk nog ‘n verassing of twee! 


Vir cappie Pollard was dit ‘n droom seisoen en hy is die voorste puntemaker in die reeks tot op hede met 170 punte, en al sou die Bulle straks nie deurdring nie, sal hy steeds die wenner wees. 
Voorspellings in die gange en langs die braaivleis… ruggas sal hoogty vier.

Nag ou grote…

Share this article with a friend...