Articles
Sport & School News
14 June 2019

Rustenburg – Bergsig Akademie se koorgroep van 2019 sal beslis diep spore in die skool se geskiedenis los.

Vroeg vanjaar het die koor alreeds afgeskop met drie-ure weeklikse sessies om die om die stembande los te maak. 

  • Hulle eerste groot datum op die kalender was die koorkamp van 1 tot 3 Februarie te Kareekrans. Die kamp was waar kennisse vriende geword het en hegte bande gesmee is. Talent is ure op ure ontwikkel. 

 

  • Die koor het op 7 April by Agapé Gemeente opgetree en weer 14 April by die Nederduitse Gereformeerde (NG) kerk, Proteapark Gemeente. Die leerders het die optrede terdeë geniet!  
  • Bergsig Akademie het hul opedag op 24 April aangebied – en die koor het ‘n indrukwekkende optrede gelewer. 

 

  • Mede-Bergsig leerders se asems is weggeslaan op 29 April met uitsonderlike klanke wat uit hulle maats se monde kom, gedurende ‘n volgende opvoering. 
  • Die hoogtepunt vir die koor was op 3 Mei, toe hulle ‘n oudisie gehad het by die Tshwane Jeugkunstefees wat in Augustus plaasvind. Sonder twyfel is die koor hartlik uitgenooi om te gaan deelneem!
  • Op 17 Mei het Bergsig Akademie ‘n koorfees aangebied. Twaalf kore was uitgenooi, insluitende Wagpos, Hoërskool Rustenburg, Vastrap, Brits, Parys. Dit was ‘n reuse sukses en die gehoor sal nog vir lank saggies neurie saam die mooi klanke wat daardie aand uitgevoer is. 
  • Die koor het die gehoor op 27 Mei aangegryp tydens ‘n sing-in-harmonie kompetisie. So dring die koor deur na die volgende rondte op 12 Oktober te Gold Reef City. 
  • Op 31 Mei het die Noord-Wes Koor ‘n koorfees gehou met Bergsig wat laaste opgetree het – en die aand afgesluit het met ‘n hoë noot. 
  • Volgende vertrek die koor op ‘n toer na Namibië vanaf  24 Junie tot 3 Julie. 

Die koor is ‘n plek waar elke leerder hul volle potensiaal kan bereik. Almal gee om vir mekaar, het altyd ‘n lied in die hart en maak sonder twyfel almal trots! 

Bergsig Akademie se 2019 koor.

 

Share this article with a friend...