Articles
Churches & NGO News
07 June 2019

Rustenburg – Die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk, Proteapark, sal op 13 Junie, die dag voor die winterskoolvakansie, ‘n groot fondsinsameling hou ten bate van hul JOL-kampe.


Die trekpleister is die optrede deur Bok van Blerk, en daar sal ook kos- en drinkgoed beskikbaar wees. Hul hou ook ‘n kort veiling, wat onder andere jagpakkette insluit.


Die JOL-kampe word verdeel tussen laerskole in die Oktober skoolvakansie en hoërskole in die April skoolvakansie. 

Dominee Willem Pretorius, jeugleraar, som die JOL-kampe op as volg: “Die hoofdoel van die kampe is om aan kinders wat op enige lewensterrein minderbevoorreg is, die geleentheid te gun om hulself saam met ander kinders te geniet en ook om hul geestelik te versterk.

Daar is geweldig baie uitgawes betrokke by die projek. Ons bly deurentyd by die kinders betrokke om hul te versorg op enige manier wat nodig mag wees. Dit sluit onder andere in tandheelkundige sorg, die aanvul van klere, sielkundige sessies, skolastiese hulp en voedingskemas in.”


Koop dus gerus vir jou ‘n kaartjie vir hierdie geleentheid teen R150 per persoon. Kinders onder 12 beloop R100. Kaartjies is beskikbaar by iTickets of by NG Proteapark se kerkkantoor. Vir meer inligting skakel 014 533 4028. 

Bok van Blerk

 

Share this article with a friend...