Articles
Social & Community News
24 May 2019

Rustenburg – Na aanleiding van die terugvoer oor die berig van die eerste Anglikaanse Kerk in Rustenburg in die uitgawe van 11 Mei, het Platinum Weekly bietjie dieper gaan delf in die verlede van dié gebhou.


Bill McGill woon al sedert 1944 in Rustenburg en was die perfekte persoon om mee te gesels.
Nadat die kerk in 1871 opgerig is, met John Pikington Richardson aan die stuur, is dié kerk een van die oudste kerke van sy soort in Suid-Afrika.


Volgens Bill het President Paul Kruger self 50 pond geskenk vir die bouwerk. Die kerk was meer as net ‘n kerk en is ook gebruik as ‘n skool.


Glatthaar wat reg oor die land bekend was vir sy limonade wou ook graag ‘n bydrae lewer om die struktuur op te rig. Hy het egter een voorwaarde gehad… Hy sal bydrae mits daar ‘n onderwyser is wat hom Engels sal leer.


So is Juffrou Goodall aangestel by die skool om vir die kinders en Glatthaar te leer Engels praat. Glatthaar het natuurlik sy woord gehou en het die balke geskenk vir die dak.

Die eerste Anglikaanse kerk geskilder deur Bill McGill.
Juffrou Goodall (links), die eerste Engelse onderwyseres in Rustenburg.

 

Share this article with a friend...