Articles
Social & Community News
10 May 2019

Rustenburg – Rustenburg is in 1851 deur die Volksraad geproklameer as ‘n dorp. Van ‘n eenvoudige bestaan tot die stad wat ons vandag ken, het Rustenburg ‘n vindingryke geskiedenis…

Platinum Weekly het gaan delf in die verlede van die verlate en historiese gebou by die ou begraafplaas in Nelson Mandelalaan. Ons het met oud inwoners gesels en kyk terug op die verlede van ons pragtige dorp.

DIE OUD ANGLIKAANSE KERK

Die Anglikaanse Kerk is opgerig in 1871 met John Pilkington Richardson aan die stuur.
Hierdie is een van die oudste kerke van sy soort in Suid-Afrika. 


Deur die jare heen het die gebou meer as net een doel gedien en was ook gebruik as ‘n skool tot in 1922, toe daar besluit is om die gemeente te skuif na ‘n groter en meer moderne gebou.


In 1966 sou die gebou afgebreek word om plek te maak vir ‘n nuwe ontwikkeling. Ella McGregor het nie hiervoor gestaan nie en dadelik skouer aan die wiel gesit om die gebou te red… die enigste uitweg was om die gebou te skuif.

Met die samewerking van die gemeenskap en die munisipaliteit is die gebou baksteen vir baksteen afgebreek en oorgebou by die ou begraafplaas in Nelson Mandelalaan.
Die kerk is in 1972 as ‘n nasionale monument verklaar. Die stukkie geskiedenis het egter ‘n paar jaar later afgebrand en enige iets bruikbaar is gesteel.


Die kerk het twee oorloë in die distrik en ‘n skuif oorleef maar nou is dit slegs die mure wat oor is van hierdie eens prominente landmerk.

Wat oor is van nasionale monument in 2019.

 

Share this article with a friend...