Articles
Social & Community News
10 May 2019

Rustenburg – Boere Droogtehulp SA het op Vrydag 3 Mei die lang pad aangepak om boere in Onseepkans in die Noord Kaap by te staan met broodnodige voer vir hul vee.


Die groep wat bestaan het uit 14 volwassenes, drie kinders, vier trokke en drie bakkies, het om 05:00 die oggend vertrek vanaf Kleine Khomas.


Hulle was vir 11 ure op die pad tot in Upington waar hulle oornag het. Die volgende oggend het hulle die laaste drie-ure roete aangepak tot in Onseepkans, waar hulle met blye harte ontvang is. 
Boeretroos is gedrink en nuwe vriende is gemaak voor die lang pad terug weer aangepak is.

 In ‘n onderhoud met Platinum Weekly het Boere Droogtehulp SA stigter JJ Du Preez gesê: “Ons het net weereens besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.

Om die dankbaarheid in die boere se oë te sien as jy die voer aflaai en die skape te hoor blêr van opgewondenheid oor die bietjie kos, maak beslis 27 ure op die pad die moeite werd.

Baie dankie aan elke persoon wat bygedra het om die aflewering moontlik te maak. Elke sent wat ons ontvang maak ‘n verskil.”


Baie dankie aan die volgende borge:

 

  • Basella Maintance
  • Bakwena N1N4
  • Beumer Familie Trust
  • PE Granietwerke
  • Legend@8 Forever JL
  • Zander en Kappie Kleynsmit
  • JP Markram
  • Willem Barnard en sy familie
  • Hans en Ansie van Wyk
  • Jaco Gouws
  • Salach Transport
  •  

Die volgende aflewerings in Sutherland, Calvinia en Loeriesfontein word alreeds beplan. Alle fondse wat Boere Droogtehulp SA ontvang, word aangewend om boere wat geaffekteer word deur die droogte, te help met voer, kos en enige ander boerderybehoeftes.


Stigters Chris en JJ du Preez wil graag ‘n beroep op die gemeenskap doen om hulle te ondersteun met die projek. Om een vrag voer by ‘n boer te kry, beloop tussen R14 000 en R20 000.


Hulle kort op die stadium trokke en brandstof om die voer by hul bestemming af te lewer. Vir meer inligting, skakel Chris van Beljon op 082 961 6620 of JJ du Preez op 082 567 0363.

Die honger skape het aangehardloop gekom om te vreet.
Boere Droogtehulp SA, vrywilligers en die boere van Onseepkans wat gaan help het.
Trokke is gelaai en reg om ‘n positiewe verskil te maak.

 

Share this article with a friend...