Articles
Social & Community News
12 April 2019

Rustenburg -  In 2017, bied die Vryburgers vir die eerste keer ‘n Tamaaibraai aan.

Dié week Saterdag, 13 April, sal sowat 20 korpse van die Vryburgers regoor die land vir ouetehuise of soortgelyke inrigtings in hulle onderskeie omgewings braai.


Die idee is om bejaardes uit hul kamers te kry en bietjie te bederf.


Die braaivleisgeure sal dwarrel in Rustenburg, Ashton, Bonnievale, Koster (Buffelspoort), Ceres, Hamlet (Ceres), Laingsburg (De Doorns), Ermelo, Belfast (Ermelo), George, Kroonstad, Oos-Londen, Oudshoorn, Paarl, Pietersburg, Pretoria, Rawsonville, Roberson, Parow, Upington, Wolseley en Worcester.


Dié braai is nogal ‘n groot gedoente! Soveel as 182 Vryburgers en omtrent nét soveel helpers gaan vir 3,800 mense braai.


DINK JOUSELF IN... ‘N TAMAAI VAN ‘N BRAAI... HIERDIE JAAR SE GETALLE:


31 Vierkante meter se braairoosters – dit is amper so groot soos ‘n dubbelwaenhuis!
45 Braaidromme, maar ook bestaande ingeboude braaiers by die tehuise. Ermelo gaan braai op die braaiers wat hul destyds juis vir hierdie doel by die tehuis laat bou het. Paarlberg en George maak ‘n spit.


152 Braaitange.
1.5 Ton hout en houtskool. Natuurlik gaan daar verskillende tipes hout gebruik word, eie aan die omgewing. Op Laingsburg gaan met appelhout gebraai word en op Ashton, Bonnievale en Upington met wingerd, Buffelspoort en Pietersburg braai op sekelbos.

Worcester se doringhout kom uit die Karoo. Ermelo hou dit plaaslik met mieliestronke en dan gaan Kroonstad, Oudtshoorn, Pretoria en Rustenburg dinge warmmaak met houtskool. Oos-Londen gaan oudergewoonte sukkel met hul nat doringhout.


3600 Porsies tjops, steak en spit, 3100 stukkies wors en 2100 porsies hoender.
110kg Pap en sous.
Broodgoeters sluit in varsgebakte brood, roosterkoek, broodrolletjies en braaibroodjies.
Braaivleis maak mens dors so daar sal 770 liter drinkgoed wees soos sap en wyn.


In Rustenburg gaan Richard Steyn van die Barrel & Bul pap en bykosse voorsien vir die 600 etes wat die Rustenburg Vryburgers beplan. Rustenburg Vryburgers gaan die meeste etes voorsien van al die korpse in die land.


Die vure sal om 08:00 aangesteek word en worsbroodjies behoort teen 10:00 reg te wees. Hulle nooi die gemeenskap uit om te kom kyk wat die manne en hul helpers aanvang by Barrel & Bul en om sommer ‘n handjie by te sit.


Die Vryburgers Omgeemense het geen verbintenis of assosiasie met die Vrymesselaars en die dorp Vryburg nie.

Rustenburg Vryburgers en nasionale bestuur wat Saterdag betrokke sal wees.

 

Share this article with a friend...