Articles
Social & Community News
12 April 2019

Rustenburg – Boere Droogtehulp SA bied op Vrydag 12 April om 18:00 ‘n musiekfees van formaat by Excalibur Boutique Hotel aan.


Feesgangers kan uitsien na kunstenaars soos Neil Somers, Duane Louw, Mari Minnaar en Marlee Helberg. Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word tot die Boere Droogtehulp SA fonds wat Suid-Afrikaanse boere wat deur die droogte geraak word, help. 


Kaartjies beloop R150 per persoon en halfprys vir kinders onder 18. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.


Vir meer inligting skakel Chris van Beljon op 082 961 6620 of JJ du Preez op 082 567 0363.

Share this article with a friend...