Articles
Sport & School News
12 April 2019

Highlanders vs Hurricanes
In Dunedin behaal die Canes die soveelste oorwinning van 2019 om in die doodsnikke 31-28 as oorwinnaars van die veld te stap. Die Highlanders kan hulself baie ongelukkig ag om hierdie game op hul tuisveld te gaan staan en verloor.


Dan is die volgende rondte ook nou nie juis makliker nie, want hulle moet die Crusaders in Christchurch gaan speel. Die Hurricanes het ‘n loslootjie in week 9.


Reds vs Stormers
Liters en liters wyn het die afgelope naweek geloop ou grote, en dit was nie op die grond nie. Die geliefde Kaapse seuns is weer aan die verloorkant en hierdie keer teen die Reds in Brisbane en verloor 24-12. 


Die Stormers speel volgende teen die omgekrapte Rebels in Melbourne met Steven Kitshoff, die nuwe cappie. Die Reds reis SA toe om teen die Bulle op Loftus uit te draf. 


Leeus vs Haaie
In Johannesburg het daar teen nege uur Vrydagaand ‘n groot verslaenheid geheers en trane het gerol. Die Leeus kry dalk hulle grootste pakslae op Ellispark in die laaste dekade – by ‘n honger Haai span wat nie vir die afterparty opgedaag het nie. Hulle gee die Leeus ‘n rugbyles en wen 42-5. 
Die kopdokter het verdwyn en is by sy sussie in Brits gesien. 


Die Haaie het voortreflike ruggas gespeel en die agterspelers het gewys hoekom hulle op papier as die beste gelys word... Maar het hulle kritici se monde gesnoer en die bal die werk laat doen.
Die gewonde Leeus moet nou nog boonop doer onder gaan toer en speel eerste teen die Brumbies in Canberra. Die Haaie meet volgende kragte in die Haaitenk teen die Jaguares.


Crusaders vs Brumbies
In Christchurch klop die Saders die Brumbies op ‘n drafstap en wen 36-14. Die Crusaders gaan moeilik van hulle titel afstand doen ou grote. 


Die Brumbies speel volgende tuis teen die Leeus in Canberra en die Crusaders kom te staan in ‘n NS derby teen die Highlanders in Christchurch.


Blues vs Waratahs
Die Blues is weer aan die wenkant en klop die Tahs in ‘n riller met 32-29 . Die Aucklanders speel weer soos mens hulle in die Lomu dae geken het.Die Tahs het ‘n loslootjie volgende met die Blues wat in Hamilton teen die Chiefs gaan opdraf.


Rebels vs Sunwolwes
In Melbourne knoop die Rebelle die Japanese Wolwe se sterte om nog harder te huil en wen 42-15. Die Rebels is tans die Aussie fakkel draers en dis nie ‘n April fool grappie nie.Die Sunwolwes het ‘n loslootjie volgende met die Rebels wat teen die Stormers in Melbourne gaan skrum.

 
Bulle vs Jaguares
As Pote Human aan die drink gegaan het Saterdagaand, het hy wragtag nie Bols gedrink nie.  As Loftus ooit weer vol gaan wees, gaan die Kaap weer Hollands wees en die DA aan bewind... Die Bulle speel volgende teen die Reds in Pretoria met die Jaguares wat teen die Haaie in Durban gaan kragte meet.


Nag ou grote...

Share this article with a friend...