Articles
Churches & NGO News
22 March 2019

Rustenburg – Die Nederduitse Gereformeerde kerk (NG) Proteapark was bevoorreg om sewe dogtertjies te doop op Sondag, 3 Maart. 


Hul dominee Willem Pretorius se pa, het die erediens waargeneem. Hy het sy kleindogter, Anje Pretorius gedoop. Hy het ook die simbool van die kerk – water wat lewe gee – gedemonstreer deur water te drink, na sy seun oor te dra, en Willem het dit na sy dogter, Miané, oorgedra. 


Dominee Willem het die ander ses dogtertjies gedoop. Die dogtertjies wat gedoop is, is as volg: Karlie Charlotte Brits, Marla van Jaarsveld, Leah Nagel, Anje Pretorius, Milané Cunningham, Melissa Steyn, en Evaunné van Wyk.

Die sesjarige Evaunné van Wyk is deur dominee Willem Pretorius gedoop
Kerkraad, ouers en kinders wat Sondag gedoop het.

 

Share this article with a friend...