Articles
Sport & School News
01 March 2019

Rustenburg – Die Strop en Tjop hengelklub het Saterdag 23 Februarie ‘n lieflike dag langs Rockwall dam spandeer.


Dit was die klub se eerste kompetisie vir die jaar en die vissermanne het behoorlik lyn gegooi om voor te bly met al die vis. Pryse is toegeken vir die swaarste sak en grootste vis.

Juandré Swart het die prys gewen vir die swaarste sak tussen die penkoppe, juniors en dames. Willie Steyn het die grootste vis gevang vir die dag en Attie Niemand het weggestap as die wenner met die swaarste sak onder die mans.


Indien jy sou belangstel om deel te wees van die Strop en Tjop hengelklub, skakel Willie Nell op 083 301 8321.

Die hengelaars het al vroegoggend begin opslaan vir die dag.
Van links: Attie Niemann en Willem Niemann.
Van links: Willie Steyn en Willem Niemann.
Van links: Juandré Swart ontvang sy prys wat oorhandig word deur Willem Niemann.

 

Share this article with a friend...