Articles
Headline News
08 March 2019

Buffelspoort – Rustenburg Gemeenskapskerk het op 2 en 3 Maart hul tiende Buffelspoort Karnaval gehou by ATKV Buffelspoort. Gaskunstenaars soos Bok van Blerk, Snotkop, Caroline Grace, Fatman, Jennifer Zamudio, en plaaslike sensasies soos Anchën Groenewald en Duane Louw het die skare vermaak.


Die propvol arenaprogram het die hele familie besig gehou met items soos ‘n dansvertoning, modeparade, die Mnr en Mej Karnaval skoonheidskompetisie, skopboks, rofstoei, ‘n slangdemonstrasie, boogskietkompetisie, 5, 10, en 21km pretdraf en padwedloop, ‘n babakompetisie, pom-poms en ‘n poppekas met Miemsie en ‘die verdomde leeu’.


Feesgangers het ook toegang gehad tot vele aktiwiteite soos ‘n Terrapod (‘n 4x4 op ‘n wipplank) demonstrasie, ‘n pretpark, kunsmark en hope kindervermaak.


Rugbyliefhebbers het Superrugby gekyk terwyl ander die stalletjies platgeloop het. 
Op Sondag 3 Maart was daar ‘n kerkdiens en vertoning deur Willie en Natasha Joubert.

Caroline Grace en Fatman op die verhoog tydens hulle vertoning.
Van links: Carla en Elrie du Plessis baljaar op die glybaan.
Snotkop! 
Bok van Blerk
Mev Rustenburg Selicia Richter en haar man Bernard.
Stoeiers van Honour Wrestling Association (HWA) Azazel en Harliquinn het mekaar aangevat in die stoei arena.

 

Share this article with a friend...