Articles
Social & Community News
08 February 2019

Rustenburg – Die area rondom Bergsig was eens ‘n pragtige Tambotie woud.
Die Tambotieboom, spirostachys africana, is ‘n bladwisselende boom en kan tot 18m hoog word.

Die kenmerke van die tambotie is ‘n donkerbruin bas met krake wat rye reghoekige blokkies vorm. Sy jong takke is doringrig en sy blare word geel tot rooi in die herfs. Dit is ook van die min boomspesies wat in brakgrond geplant kan word.


Tambotie hout is een van die mees gesogte meubel houtsoorte ter wêreld en die kenmerkende reuk van die hout sal na 100 jaar steeds ‘n sterk geur afgee as dit geskraap word. Sy melksap is egter baie giftig en glad nie geskik vir brand- of braaihout nie. 

“Na jare se ontwikkeling het die bome een vir een begin verdwyn en het daar slegs een Tambotieboom in Rustenburg oorgebly,” aldus Johan Schoeman van die Rustenburg Dendrologiese Vereniging. 


Toe ‘n nuwe ontwikkeling die laaste boom bedreig, het Johan dadelik ingegryp. 
Hy het met die nuwe ontwikkelaars gaan onderhandel en op die ou einde van die dag hulle oorreed om die boom te beskerm. Die hek wat die boom moes vervang, is toe eerder verskuif na ‘n ander gedeelte.

In ‘n onderhoud met Platinum Weekly het Johan gesê: “As elke persoon net een goeie ding doen, kan ons die wêreld vir die beter verander.

Elke klein gebaar maak die wêrelds se verskil. Ek kon net nie terugsit en kyk hoe hulle die laaste Tambotieboom, wat oor 400 jaar oud is, net uithaal om ‘n hek in te sit nie.”

Share this article with a friend...