Articles
Crime & Accidents News
03 March 2017

In seker een van die ergste maande ooit, naamlik Februarie 2017, word die meeste aanvalle en moorde aangeteken vir die spesifieke maand. Volgens TLU SA se amptelike statistiek oor aanvalle en moorde op plase en kleinhoewes, is die statistiek as volg:

Februarie 2017

  • Aanvalle – 45
  • Moorde – 17 

Die totaal vir 2017:

  • Aanvalle – 71
  • Moorde – 21 

Hierdie statistiek is skokkend. TLU SA spreek hiermee sy innige simpatie uit aan die families wat aangeval is en familielede verloor het. Ook ons dank aan die SAPD en almal betrokke met die ondersoek en arrestasies van verdagtes in sekere gevalle. 

Daar sal nou verseker dringende aksies moet kom, van Regering en SAPD se kant.  Julle planne werk nie meer nie! 

Aan boere op grondvlak, moenie van uself ‘n slagoffer maak nie. Skerp u paraatheid op. Dra u vuurwapen en weet hoe dit werk. As u een het en dit lê in die kluis, verkoop dit asseblief. Skakel in by plaas- en buurtwagte. Raak betrokke by veiligheids inisiatiewe, ongeag watter organisasie dit is.

Bid elke dag vir die hand van beskerming van die Here en word deel van verootmoedigings geleenthede soos waar dit gereël word.

Uitgereik deur TLU SA, 1 Maart 2017 

Share this article with a friend...