Articles
Churches & NGO News
18 January 2019

Rustenburg – NG Proteapark se kinder- en tienerbediening het op 13 Januarie die jaar op ‘n hoë noot afgeskop!


Anja Pienaar, nuwe jeugwerker by NG Proteapark, het leiding geneem en sy en haar span het gesorg vir baie opwinding. Die kinders is by die deure ontmoet deur superheld karakters – hulle het partytjie gehou en pool noodle hokkie gespeel. Die tieners het na die aanddiens speletjies gespeel en ook lekker saam gekuier.


Tydens die naweek het die belydenisgroep gaan kamp, in ‘n heerlike en welkome manier mekaar leer ken, en intensiewe voorbereidingswerk gedoen vir die jaar wat voorlê. Hierdie groep jongmense skakel in by die kerk se uitreikaksies wat deur die jaar plaasvind.


Inskrywings vir beide die jeug- en tienerbediening kan steeds hierdie week gedoen word. 

Madeleine en Willem Snyman het die kinders by die deure verwelkom tydens die erediens.
Anja Pienaar is die nuwe jeugwerker by NG Proteapark.
NG Proteapark se ‘n dinamiese span jeugleiers vir die jaar. 

 

Share this article with a friend...