Articles
Sport & School News
18 January 2019

Rustenburg – Baie geluk aan Mark Dodkins met sy fenomenale uitslae en toekennings op provinsiale vlak. Mark is aangewys as die top presteerder in wiskunde en fisiese wetenskap in die land!


Hy het sy skoolloopbaan voltooi met nege onderskeidings. Hy behaal die volgende punte: Afrikaans huistaal 90%, Alpha wiskunde 100%, ekonomie 98%, Engels eerste addisionele taal 97%, fisiese wetenskappe 100%, inligtingstegnologie 98%, lewensoriëntering 97%, rekeningkunde 99% en wiskunde 100% - en ‘n gemiddeld van 97.6%.


Hierdie prestasies kom nie vanself nie en het baie harde werk en toewyding geverg

Mark Dodkins het uitsonderlike matriek resultate behaal.

 

Share this article with a friend...