Articles
Sport & School News
18 January 2019

Die 2019 Super ruggas skop af met ‘n super dag in die Kaapstad Stadium waar vier SA spanne almal in aksie gaan wees vir opwarming games...

En die verbeelding is op loop gesit met die vier Super Heroes wat gaan kragte meet op 3 Februarie. 
Die Sharks (Black Panther) speel teen die Lions (Spider Man), en die Stormers (Thor) draf uit teen die Bulls (Captain America).


Die Bulls se kaptein vir 2019 is die ou grote Lood de Jager. Hy gaan die span aanvoer met Handrè Pollard as sy adjudant. Die Bulls het verskeie nuwe gesigte in die Super Reeks met Pote Human wat die coach posisie beklee.

Dan is die uitgeslape Alan Zondagh as direkteur van rugby in Blou Bul Land aangestel. Die baie talentvolle Pine Pienaar is minister van verdediging en die oud WP losskakel Chris Rossouw, kleinboet van Slap Chips, is die generaal in die aanval. 


Met ysters soos Duane Vermeulen en Schalk Brits nou ook by die Bulle, saam met Jesse Kriel en Pollard kan die Bulle dalk die verrassingspakkie in 2019 wees.
Nag ou grote...

Share this article with a friend...