Articles
Sport & School News
14 December 2018

Rustenburg  – Newrak Impala Rugby Klub is tans besig met hul af-seisoen rugby oefeninge vir die Gold Cup. Net een span uit elke provinsie kwalifiseer om deel te wees van díe klub kampioenskappe en Impala rugby klub hoop om volgende jaar weer die beker huis toe te bring.


Impala wil graag vir almal wat die jaar betrokke was by die klub baie dankie sê vir hulle ondersteuning. Almal word ‘n geseënde en veilige Kersfees toegewens. Hulle moedig die gemeenskap aan om die tyd saam met hulle familie te geniet. 


Lede van die gemeenskap word uitgenooi om in die nuwe jaar in die aande van 18:00 af saam met hulle te kom oefen. Die is ‘n gemeenskapsklub en enige iemand is welkom om te kom saam oefen, of om net iets koud by die klub te kom drink... enige ondersteuning sal waardeer word.


Alle voornemende lede of borge kan besigheidsbestuurder van Newrak Impala Rugby Klub Naas Olivier skakel op 082 926 8403. 

Share this article with a friend...