Articles
Crime & Accidents News
07 December 2018

Rustenburg – HenCor K9 Security, AfriForum Rustenburg and Rustenburg Crime Combating Forum (RCCF) led another successful foot patrol crime combating exercise on 1 December. 


HenCor K9 Security provides professional dog training and self-defence classes for young and old. 

Skurke uit die veld geslaan

Rustenburg – Weereens het AfriForum, die Rustenburg Crime Combating Forum (RCCF) en HenCor K9 Security hulself tot die strate van Rustenburg gewend om misdaad te bekamp deur middel van voetpatrollies.


Lede van dìe verskeie organisasies het op 1 Desember die velde van Geelhoutpark ingevaar om kriminele elemente te verdryf.


Velde met lang gras is ‘n geliefde plek vir diewe om gesteelde goedere weg te steek en later te gaan haal wanneer dit veilig is. Tydens die ekskursie is daar verskeie skuilings van veldbewoners en ook ‘n paar verdagte items gevind.

In ‘n onderhoud met Platinum Weekly sê AfriForum Rustenburg adjunk sekuriteit hoof Natalie Grant: “Met die tipe patrollies beoog ons om die boosdoeners uit die dorp uit te dryf.

Ons wil graag hê die gemeenskap moet veilig voel, veral tydens die Kersseisoen. Ons pogings is beslis nie verniet nie.”

Henry Holtzhauzen, owner of HenCor K9 Security with Arrow and Patschinka, ready to serve and protect. 
Lede van AfriForum, RCCF en HenCor K9 Security in die veld.
Items wat in die veld gevind is.
‘n Skuiling van een van die veldbewoners.
Items wat in die veld gevind is by iemand se skuiling.

 

Share this article with a friend...