Articles
Social & Community News
07 December 2018

Rustenburg – StaanSaam Rustenburg het hul Kersgeskenk projek geloods en wil graag die gemeenskap vra vir donasies van oud of nuwe speelgoed – asook lekkergoed.

Hul sal self verf en regmaak soos nodig. Die geskenkpakkies sal by hul jaarlikse Kerspartytjie uitgedeel word aan behoeftige kinders. 


Die SSR span wil ook graag pakkies opmaak vir bejaardes en vir die inisiatief benodig hulle skenkings van waslappe, sepies, room of sommer net iets oulik.


Indien u ‘n bydrae wil maak kan u die donasie afgee by StaanSaam Rustenburg se kantore by 5 Thabo Mbeki straat of die kantore van Platinum Weekly by 50 Marais straat.


Vir meer inligting kontak Naomi Pasino van StaanSaam Rustenburg op 076 374 1129. 

 

Share this article with a friend...