Articles
Churches & NGO News
07 December 2018

Rustenburg – NG Proteapark se Liggies vir Lewe-Fees het op 1 Desember by hul kerkgebou afgeskop.

Die fees is geopen deur ‘n modeparade om die jaar se Mej Liggie te kroon terwyl verskeie dansgroepe en kunstenaars die skare vermaak het.


Die hoogtepunt van die fees was op 2 Desember toe die sanggroep, Manne wat Glo tydens die Kerssangaand opgetree het en die liggies aangeskakel is. 


Hierdie jaar se nagmark was ‘n reuse sukses vir al die uitstallers. Die jong klomp het tonne pret gehad met ‘laser-tag’ en putt-putt en die treintjierit op die kerkterrein. 


Die fees is op Donderdag, 6 Desember afgesluit met die kroning van Mej Liggie en Kersliedere onder die sterre.


Die inkomste van die Liggies vir Lewe-Fees sal gebruik word om minderbevoorregtes van hul bediening te bederf tydens Kersfees.

Van links: Joey Kelly, Max Kelly en Drienie Kelly.
Voorwaar ‘n liggiefees!
Net ‘n paar van die pragtige liggie vertonings wat gesien kon word by die fees.

 

Share this article with a friend...