Karwag vir liefdadigheid
Rustenburg – Tydens Agapé Gemeente se laaste uitreik op 24 November het vrywilligers die karwagte van Safari Spar afgelos.
Terwyl die groep karwag “gespeel” het, het die wagte die geleentheid gekry om ‘n burger te gaan eet en koeldrank te drink. Karwag is beslis nie vir almal nie, alhoewel hul net vir ‘n uur uitgehelp het, was almal poegaai na die tyd.
Die gemeenskap het die projek met ‘n oophand ondersteun en in die uur het hulle ‘n redelike bedrag ingesamel. Al die geld wat gemaak is, is verdeel tussen die wagte en elkeen het ‘n houertjie sonbrandroom ontvang.
Die inisiatief agter die projek was om liefde en omgee te deel. Die Bybel maak dit duidelik dat jy jou naaste moet liefhê en naaste liefde is presies wat hulle wou uitbeeld.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly