Articles
Churches & NGO News
30 November 2018

Rustenburg – Die Liggiefees-projek het in 2015 begin toe NG Proteapark se kerkgebou vir die eerste keer deur Kersliggies versier is. 


Die Liggies vir Lewe-Fees vind weer hierdie jaar tussen 1 en 6 Desember plaas. Almal word hartlik uitgenooi om hierdie skouspel te kom besigtig.


Hierdie jaar hou ons vir die eerste keer ‘n Kersmark saam met die fees, vanaf 16:00 tot 21:00 om die atmosfeer van ‘n nagmark te skep. Ons maak dit ‘n fees van liggies en uitstallings! Ons nooi uitstallers uit om met hulle produkte te kom spog. Kunstenaars gaan ook die geleentheid kry om hulle sang-talente op die verhoog te kom bekendstel.


Ons wil graag die gemeenskap nooi om te kom kyk na die uitbeelding van die geboorte van Jesus en die betekenis van Sy sterwe. Ons gebruik dan ook die geleentheid om aan die gemeenskap ‘n besonderse Kerservaring te gee.


Die groot hoogtepunt van die fees vind plaas op 2 Desember wanneer die sanggroep, Manne wat Glo, tydens die Kerssangaand saam met ons die liggies gaan aanskakel. Ons sien ook uit daarna om na hulle te luister! 


Die program sluit ook optredes deur dansers, karate, pom-poms, klassieke optredes en Mej. Liggiefees in. Daar is elke aand glimpret, ‘laser-tag’ en putt-putt vir die kinders, asook ‘n opwindende treintjierit deur die terrein. Op Donderdag, 6 Desember sluit ons die fees af met Kersliedere onder die sterre.


Ons wil graag die inkomste van die Liggies vir Lewe-Fees gebruik om minderbevoorregtes van ons bediening te bederf tydens Kersfees.


Kom wees deel van hierdie besonderse geleentheid en laat jou liggie helder vir Jesus skyn!

Share this article with a friend...