Articles
Social & Community News
02 November 2018

Rustenburg – Airspeed Wireless Internet gaan op Vrydag 10 November worsbroodjies verkoop van 08:00 tot 16:00 by die BP vulstasie in Safari Tuine.

Die opbrengste van die fondsinsameling sal geskenk word aan Rustenburg Hospice.
Hul beplan ‘n reeks projekte vir verskeie organisasies op 17 November, 24 November en 1 Desember. Verdere inligting hieroor sal later bekend gemaak word. 


Vir meer inligting skakel bemarkings-bestuurder by Airspeed Wireless Internet Jaen-Mari Campher op 014 592 1080.

Share this article with a friend...