Articles
Social & Community News
02 November 2018

Rustenburg – Sering Residentia se gronde was tjok-en-blok volgepal met oud en jonk op Saterdag 27 Oktober tydens hul jaarlikse jeugfeeskunstefees.


Die inwoners van die tehuis het gewoeker met hul talente. Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies waarvan omtrent 90 persent handgemaakte produkte was.. van notaboekies en juwele - tot plante.

Die gebreide en gehekelde items het groot aftrek geniet; die wit olifant tafel was gevul met die pragtigste tierlantyntjies en die boekwurms kon kies van ‘n groot verskeidenheid boeke. Verder was daar heerlike eetgoed om aan te smul.


Die skare was vermaak deur die pom-pom meisies van Rustenburg skole, asook akrobate en dansers. Kaartjies en lootjies was vooraf verkoop vir ‘n gelukkige trekking vir pryse soos ‘n blou wildebees, ‘n midweekweg  by Thabo Morula en ‘n R1,000 kontant prys. Daar was ook handgemaakte kombersies, ‘n porselein pop en ‘n koek uitgeloot.


Die fondse wat ingesamel is sal aangewend om bejaardes by te staan met die kostes van hul verblyf.
Sering wil graag almal bedank wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak. Dit is wonderlik om te weet dat Rustenburg so ondersteunend is teenoor Sering en help om hul hande sterk te maak.

Cathy Ann en Lily Kukhard het die skare betower met hul akrobatiese vernuf.
Emma en Hans Ihrck by die stalletjie wat hulle beman het.
Van links: aktiwiteit bestuurder Jenny de Vries en Liena van der Merwe by die juwele tafel.
Die kinders het hul gate uit geniet op die treintjie.
Van links: Doreen Bodenstein, Anneke Truter, Lettie Truter en Jan Truter.

 

Share this article with a friend...