Articles
Social & Community News
02 November 2018

Rustenburg – Dit was ‘n sonskyndag op 27 Oktober by Olifantsnekdam toe die seilbootklub markdag hou.


Daar was ‘n stalletjies om van te kies en te keur met allerlei lekkernye. 


Tydens die byeenkoms het die pragtige mans en dames gepronk op die loopplank vir die titel van Mnr en Mej Olifantsnek in hul verskeie kategorieë wat beoordeel is deur Naledi Ramaboea, Renay Beukes, Natasha Martin, Louwrens Bosch en Given Mmane. 


Die manne met die kanne het ook ‘n geleentheid gehad om die loopplank te betree vir die titel van Mnr Boepens.


Die opbrengste van die modelkompetiese word geskenk aan Mihla Engelbrecht om haar by te staan met haar kankerbehandeling wat sy slegs in Amerika kan ontvang.


Die dag is afgesluit deur ‘n optrede van Billy Jean.

Van links: Lettie Oberholster en Zuzette Badenhorst by hul kreatiewe stalletjie.
Van links: Naledi Ramaboea, Renay Beukes, Natasha Martin, Louwrens Bosch en Given Mmane was die beoordelaars vir modelkompetisie.
Van links: Madelein Naudé, Angelique Smith, Milisande Heynecke, Olametse Minie en Naledi Ramaboea met die prysoorhandiging van die 16 tot 18 ouderdom kategorie
Billy Jean het opgetree by die aangeleentheid.

 

Share this article with a friend...