Articles
Sport & School News
19 October 2018

Pumas vs Leeus
In die Mbombela-stadion het die Leeus glad nie oortuig met die oorwinning oor die Pumas nie. Hulle wen 33-21 maar sal weliswaar hul spelpeil met die spoed van weerlig moet lig – anders gaan die semi-finaal teen die Haaie in Durban ‘n lang agtermiddag wees.


Die Johannesburgers is duidelik nie op die standaard wat ‘n Leeus ondersteuner van hulle helde sal verwag nie. Die kopdokter in Brakpan het sekerlik sy sussie in Brits genader vir ‘n plan ou grote! 

 

Griekwas vs Haaie
In die dorp met die groot gat kry die diamantboere te doen met ‘n klomp honger haaie ou grote.

Die Haaie speel goeie ruggas en wen gemaklik 41-11 om deur te dring na die eerste semi-finaal Saterdag in Durban. Die Durbaniete kom te staan teen die Leeus en hierdie game skop om 13h30 af in die Haaitenk.

 

Blou Bulle vs WP
Fort Loftus was lanklaas so onder water en dankgebedjies hang nou nog oor Loftus ou grote. In ‘n geskiedkundige middag word Blou Bul trane deur gietende reën afgewas want ‘n verwoede WP-pak vories vermorsel die Bulle in die skrums.

Moeder natuur het die Bulle gered van skandes ou grote. Toe die weerlig slaan was dit dalk wyle oom Buurman wat dit nie meer kon vat nie, want rustyd was WP reeds 34-7 voor.

Die res is geskiedenis. 
Die game word toe afgelas maar die Bulle dring tog deur na die tweede semi-finaal en moet op Nuweland weer teen die WP gaan uitdraf. Wat Pote Human en broers na die veld gaan bring sal hopelik nie weer die duiksakke wees nie...

Nag ou grote...

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Share this article with a friend...