Articles
Social & Community News
12 October 2018

Rustenburg – Lede van Vroue Landbou Unie (VLU) Kashané aand-tak en die Rustenburg VLU tak het op 6 Oktober die bloubessie, kersie en perskeplaas van Santie de Wet besoek.


Tydens die byeenkoms het die kersie bome vol bloedrooi kersies gehang wat die plukkers besig was om te oes, om uitgevoer te word na die buiteland.


Die voormanne op die plaas het meer vertel oor die verskillende soorte vrugte wat hulle kweek hoe die bome gesnoei word en dat die vrugte met die hand gepluk word waarna dit in die houers geplaas word.


Elke dame het daarna ‘n houertjie gekry en kon vir haarself bloubessies pluk.

 

Share this article with a friend...