Articles
Social & Community News
05 October 2018

Rustenburg – Die Boeremusiekgilde van Rustenburg hou ‘n opskop op Saterdag 6 Oktober vanaf 18:00 tot 24:00 in die NG Proteapark saal. 


Kom vroeg om vir jou ‘n lekker sitplek te kry. Daar sal verskeie orkeste wees wat boeremusiek sowel as country musiek sal maak. Wees gewaarsku, jou voete gaan jeuk en jy gaan nie lank wil stil sit nie – trek maar jou dansskoene aan en kom makietie saam! 


Die kleredrag is semi-formeel (netjies) – verkieslik geen kortbroeke of plakkies nie. Daar is lugversorging in die saal met ‘n heerlike dansvloer. 


Bring jou eie eet en drinkgoed saam. Gratis koffie en tee sal voorsien word, bring jou eie koppie ook saam. 


Toegang beloop R60 vir nie–lede, R40 vir lede en R20 vir hoërskool leerders. Vir meer inligting kontak voorsitter van die Boeremusiekgilde, Nico Pietersen op 082 816 9378 of onder onder-voorsitter Koos Nel op 082 563 7725.

Share this article with a friend...