Articles
Social & Community News
28 September 2018

Rustenburg – Kosmos Angels Rustenburg hou op Saterdag 3 November ‘n pretloop vir die bewusmaking, gevare en gevolge van dwelm-verslawing.  


Hulle wil graag hande vat met die gemeenskap om Rustenburg dwelm-vry te maak. 
Die verskeie stalletjies wat teenwoordig sal wees, hoef slegs ‘n donasie maak ter ondersteuning van die bedieningsorganisasie.


Daar sal ook ‘n spesiale gasspreker wees en bekende kunstenaars wat die skare sal vermaak. Die toegangsfooi beloop R20 per persoon vir die wat nie gaan stap nie, en die inskrywingsfooie vir die pretloop is as volg: skole R500 per skool; besighede R300; en begrafnisondernemers R200. 
Instansies moet ‘n banier maak wat die stryd teen dwelmverslawing uitbeeld.

Skole sal ‘n banier per graad maak. Dit is egter belangrik dat elke instansie ‘n leier het en elke graad wat deelneem ook ‘n onderwyser teenwoordig het. 


Verkeersbeamptes, ambulanse en vervoer vir die wat nie die pas kan volhou nie sal beskikbaar wees.
Elke deelnemer sal ‘n medalje ontvang en alle opbrengste sal aangewend word vir die veldtog teen verslawing.


Vir meer inligting kontak  organiseerder, Natasha Swart van Kosmos Angels Rustenburg by 076 929 4032.

Share this article with a friend...