Articles
Sport & School News
28 September 2018

Rustenburg – Op Saterdag 29 September is dit weer tyd vir die Rustenburg Ovals by Platinum Raceway, Rustenburg skougronde.  


Maak jouself reg vir brullende enjins, hoë spoed aksie en verskeie kos stalletjies. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees – maar koelbokse is welkom.


Die hekke open om 14:00 en die wedrenne begin om 18:00. Toegansfooie beloop R60 per volwassene en R30 per kind, kinders onder ses - gratis. Bring jou gazebo en die hele familie en kom geniet die dag saam met ons!

Share this article with a friend...