Articles
Headline News
07 September 2018

Rustenburg – Op Dinsdag 4 September om ongeveer 17:00, is Jacques van Niekerk en Frikkie Pieters oorlede nadat albei noodlottig deur ‘n motor getref is.


Beide fietsryers was op die N4 besig om te oefen vir ‘n fietswedren toe hul deur die motor van hul fietse af gery is. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel af gevlug.


Kaptein Aaffje Botma van die Potchefstroom polisie dienste het bevestig dat die oorledenes naby die Elandsdrift omgewing langs die pad gevind is, en dat ‘n silwer Volkswagen Polo ‘n paar meter van die ongelukstoneel af gevind is.


Die voertuig is vroeër die dag in Brits as gesteel aangemeld maar die polisie kan op die stadium nie met sekerheid bevestig dat die voertuig wel betrokke was by die tref en trap nie. ‘n Saak van strafbare manslag is geopen en die saak word tans ondersoek.


Van Niekerk en Pieters was albei werksaam by die ATKV Buffelspoort. Ons betuig ons innige meegevoel aan Van Niekerk en Pieters se gesinne, vriende en kollegas.

Frikkie Pieters
Jacques van Niekerk

 

Share this article with a friend...