Articles
Headline News
17 August 2018

Rustenburg – Adel Cato en haar familie se lewens is ingrypend verander vanaf Maandag 16 Julie toe sy deur ‘n voertuig wat teen ‘n hoë spoed gery het getref is. 


Adel is nou reeds meer as drie weke in ‘n koma. Drie weke hiervan was sy in die intensiewe sorgeenheid in Muelmed Medi-kliniek te Pretoria. Op Vrydag 3 Augustus, was Adel verskuif na die rehabilitasie sentrum van Muelmed.  


Soos dinge op die oomblik lyk, berei haar familie hulself voor om vir die volgende ses maande Adel by te staan met rehabilitasie. Die dokters kan nog nie die aard van haar breinskade opgedoen, bepaal nie. Slegs ‘n beraamde pad na herstel kan gedoen word. 


Adel, die meisie wat ons ken, is ‘n dapper vegter. Adel is ‘n tweedejaar bedryfsielkunde student aan die Universiteit van Pretoria en het op Rustenburg skoolgegaan. Sy was op skool ‘n uitblinker netbalspeler en is ‘n doelgerigte meisiekind, wat geblom het waar sy geplant was.  


Tans voer sy elke dag ‘n stryd teen die terugslag wat haar getref het. Sy stry nie alleen nie. Haar ouers, Joanita en Frank, broer James, en die hele uitgebreide familie en vriende groep bid vir haar herstel en ondersteun haar. Emosioneel, fisies en geestelik verg dit baie van almal betrokke.  


Ons vra jul ondersteuning aan die familie in hierdie beproewende tyd. Hou hulle in jul gebede. Bied asseblief hulp as jul kans sien. As jul ‘n finansiële bydrae kan maak, om kostes wat die mediese fonds nie dek nie, te help delg, sal dit baie druk van die familie verlig.  


Finansiële bydraes kan inbetaal word in die trust rekening van Dauw Labuschagne Prokureurs. Vir meer informasie skakel 014-592 8097. 


Die bank rekening details is: Nedbank Rustenburg | Takkode: 160 746 | Rekeningnommer: 1029433623 | Verwysing: Adel Cato C00045. Epos asseblief die bewys van betaling na: adelcatotrustfonds@gmail.com. 


Navrae kan gerig word aan Frank Cato by 083-398 2099, Ester Syfert by 073-183 2587 of Zonja van der Merwe by 084-928 1759.  


Adel se pad na herstel neem ons een tree op ‘n slag. By voorbaat dankie! 

Adel Cato, die dapper vegter wat al langer as drie weke in ‘n koma verkeer. 
Adel Cato, die dapper vegter wat al langer as drie weke in ‘n koma verkeer. 

 

Share this article with a friend...